BEOOGDE TOER VA NAMAKWALAND SE BLOMMEPRAG:
 
Ons by Egafrikaans beoog om hierdie jaar 'n toer vir ons lesers (en ander persone) te rel na Namakwaland tydens die blommetyd.  Die datum sal 21 28 Augustus 2017 wees. 

Ek moet net meld dat ons die toer doen in samewerking met 'n toeragentskap wat al vir jare in die bedryf is. Ek was bang om dit self te doen, want ek sou dom foute gemaak het.

Kom ons begin met die akkommodasie:

Upington Desert Palace Hotel 1 Nag
Springbok Kokerboom Hotel 1 Nag
Lambertsbaai Lambertsbaai Hotel 2 Nagte
Saldanhabaai Hoedjiesbaai Hotel 1 Nag
Kaapstad Die Fountains Hotel 1 Nag

Persone wat saam toer word opgelaai by:

Maandag, 21 Augustus Neem asb. u eie kospakkie vir die eerste dag se reis.

05:00 vir 05:15 Pretoria: Engen Vulstasie, h.v. Schoeman- of Pretorius- en Richardstraat.
05:30 vir 05:45 Centurion: Lenchenlaan, direk agter Centurion Crescent Sentrum. (1 Blok Suid van John Vorsterstraat.)
06:15 vir 06:30 Eastgate: Eastgate Inkopiesentrum, Shell Vulstasie (Allumweg kant).
07:15 vir 07:45 Florida: Flora Sentrum (hoofingang) h.v. Ontdekkers & Conradstraat.

Die roete neem ons via Ventersdorp, Vryburg deur Kuruman. Die Oog van Kuruman ʼn onuitputlike fontein vars water wat ʼn hoofrol gespeel het met die plasing van die dorp na Upington, waar ons die geskiedkundige Donkie- en Kameelmonumente te siene kry.

19:00 Aandete en oornag by die Desert Palace Hotel.

Dinsdag, 22 Augustus

07:00 Ontbyt.

08:00 Vertrek na Springbok en Namakwaland se BLOMMEFEES begin!

Ons roete neem ons verby Keimoes en Kakamas waar ons vars dadels kan koop. ʼn Kort besoek aan die Augrabieswaterval. Die waterval is 65m hoog en val in ʼn poel wat by beraming 130m diep is. Daar is verskeie legendes oor die poel; onder andere dat die poel ʼn fortuin spoeldiamante bevat en dat Suid-Afrika se eie Loch Ness-monster in die poel woon. Namiddag arriveer ons by die Kokerboom Motel waar ons gaan oornag. Ons besoek ook Nababeep en Okiep.

19:00 Aandete.

Woensdag, 23 Augustus

07:30 Ontbyt.

Reis na Lambertsbaai met sy besonderse Voleiland duisende seemeeue, seeganse, duikers en pikkewyne. Ons toer deur die Knersvlakte via Kamieskroon en Garies. Hier beleef ons hoe die dorre landskap eensklaps in ʼn kaleidoskoop van kleure verander. Ons maak ʼn blomme-draai in Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville die tuiste van die grootste vetplantkwekery in die wreld, of Skilpad.

Namiddag arriveer ons by die Lambertsbaai Hotel waar ons vir die volgende twee aande tuisgaan.

19:00 Aandete.

Donderdag, 24 Augustus

08:00 Ontbyt.

Vandag l ons besoek af aan Clanwilliam (Rooibostee-kontrei), Ramskop Natuurtuin en die velskoenfabriek, ons ry met die Pakhuispas vir die mooiste uitsig oor die Sederberge met n draai by Louis Leipoldt se graf. Vanaand lek ons lippe af met aandete by Bosduifklip.

Vrydag, 25 Augustus

07:00 Ontbyt.

Vertrek na Saldanhabaai. Saldanhabaai is een van die beste natuurlike hawens in die wreld en sekerlik die diepste en veiligste in Suid-Afrika. Ons roete neem ons kuslangs via Leipoldtville, Dwarskersbos, Velddrif en Paternoster met n moontlike besoek aan Cape Columbine Ligtoring.

19:00 Aandete en oornag by Hoedjiesbaai Hotel.

Saterdag, 26 Augustus

07:30 Ontbyt.

Vertrek na Kaapstad. Postberg Blom- en Natuurreservaat aan die kus. Die seevog daar help om die mooiste blommeprag tot stand te bring waarlik ʼn onvergeetlike gesig. Hier is ook talle elande en klein wildsoorte te siene waar hulle op die blommetapyt wei. Stoppe by Uitkykpunt en Plankiesbaai.

Langebaan is ongeveer in 1870 gestig op die plaas wat oorspronklik as Geitenmelkfontein (wat bokmelkfontein beteken).

Reis al langs die Weskus oor Yzerfontein en Melkbosstrand; rek bene op Bloubergstrand. Bloubergstrand is die ideale plek om Tafelberg in al sy prag op die suidelike horison te aanskou. Robbeneiland l sowat 8km wes van daar af en kan op helder dae gesien word. Daarna l ons besoek af aan Houtbaai, en geniet ʼn opsionele bootrit as ons tyd dit toelaat (vir u eie rekening).

19:00 Aandete en oornag by die Fountains Hotel. Na aandete ry ons op na Seinheuwel met Kaapstad se duisende liggies aan ons voete.

Sondag, 27 Augustus

07:30 Ontbyt.

Geniet ʼn laaste blik van Kaapstad met ʼn kort stadstoer voor ons laaste tog huis toe begin.

Om 12:15 keer ons huiswaarts met Kulula, vlug MN494, vanaf Kaapstad.

14:10 Arriveer op Lanseria Lughawe waar ons bus gereed staan vir die finale tog huis toe.

Verwagte aankomstye: (Aankomstye is slegs by beraming en word benvloed deur verkeer, ens.)

15:00 Florida 15:45 Eastgate
16:30 Centurion 17:00 Pretoria

Neem Asseblief Kennis:

Neem asb. u geldige ID of bestuurderslisensie saam met u op toer volgens wetgewing sal geen persoon sonder geldige identifikasie op enige vlug toegelaat word nie.

Merk alle bagasie duidelik met u naam en kontakbesonderhede.

Maak asb. voorsiening vir al u persoonlike benodighede soos medisyne, toiletware, ens. (Alle akkommodasie voorsien badhanddoeke.)

Geen rook of gebruik van alkohol word op die bus toegelaat nie.

Geen mediese of paramediese personeel is beskikbaar op die toer nie, derhalwe moet alle toerlede fisies selfversorgend wees of die geskikte persoon saam neem.

Ingesluit in prys:

Reis per luukse, lugversorgde bus.

Ontbyt en aandete.

Vliegtuigkaartjie (tussen Johannesburg en Kaapstad.)

Alle toegangsgelde soos per program.

Bagasiefooitjies by oornagplekke.

Toegewyde toerleiers vergesel u op elke toer!

Nie ingesluit in toerprys nie:

Persoonlike items bv. reisversekering, wasgoed, drankies, kamerdiens, telefoon oproepe, ens.

Enige opsionele uitstappies wat u self rel.

Neem asseblief. ʼn eenmalige bedrag van R80 per persoon saam as fooitjie vir kelners.

+++++++++

Prys van die toer R8250 per persoon  (Indien jy alleen in 'n kamer wil oornag is die koste R1385 ekstra.)

Dit sluit alles in, behalwe die middagetes.

Daar is 'n R300 deposito betaalbaar wanneer jy die bespreking maak.

Ek en Vroutjie Ria, het verlede jaar gaan blomme kyk. Ons het in totaal amper 6000 kilometer gery. Ek het jare gelede ons bakkie wat in onbruik verval het in 'n karavaan omskep. Ons "Bakkievaan" werk baie lekker, maar die brandstof verbruik is nogal hoog want ons het bykans R8000 aan brandstof bestee.

NB. Indien jy gaan saam toer, moet jy self vir middagete sorg. In die middag sal ons by plekke stop sodat iets te ete gekoop kan word. Ons kan nie die tyd van die middagete vasmaak nie, want dit hang af van hoeveel blomme ons sien. Dis tog logies dat as ons baie blomme op 'n dag sien, gaan die ete van minder belang wees.

++++++++++++++++++

Indien jy wil saam toer, klik net op die woord "inskryf".

inskryf